Maandag se trane

Sondag dinge.

Snaaks hoe Sondae begin, altyd so vrolik, so kommer vry. Tog elke minuut kom nader aan vier uur, en dan is die dag amper verby, want, wel uhm, … want. Want wat vra jy? Nee ek weet nie, ek het nie vir jou ‘n antwoord nie. 

Dis of…, wel, more is Maandag, dis terug ‘hok’ toe, dis terug na suur gesigte wat die norm is op ‘n Maandag. Soveel mense werk, omdat wel, dis wat jy doen as jy ‘n volwassene is. So sonder passie, so siels ongelukkig, so bidtent dat elke dag, uur en minuut asseblief net moet verbly vlieg sodat Vrydag kan kom. 

Jy werk, jy verdien geld, gee die helfte vir die staat en die ander helfte… Wel, nee, ek het nie vir jou woorde nie. Net jy weet wat jy met jou helfte maak wat jy mag ‘huistoe’ vat. 

Ek wonder hoe voel Maandag, dus nou as Maandag ‘n lewende organisme was met gevoelens. Almal haat hom, of dalk haar. Hy word al van Sondag middag af verpes. Glad nie so gewild so Vrydag of Saterdag nie. 

Ek is bly ek is nie Maandag nie, alleen, bou, koud en laat staan…

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui