Welkom

Hierdie blad is spesifiek geskep vir Namibiese en Afrikaanse kunstenaars en Fotograwe.

Ons is nog splinternuut en wees asseblief geduldig met ons pogings – ons sorteer al die “glitches” op die blad so gou as moontlik uit.

Intussen kan jy gerus aansluit en deurblaai – alle terugvoer en idees sal verwelkom word.

As jy ‘n Namibiese of Afrikaanse kunstenaar is – selfs die in Diaspora – wil ons jou uitnooi om jou produkte hier uit te stal.

Ek sal vir elke kunstenaar wat dit aanvra ‘n eie blad skep met jou eie kontak besonderhede vir verkope van jou produkte.

Op hierdie stadium gaan DNS nie jou produk namens jou verkoop nie – ons gee jou nog net ‘n gratis spasie vir jou bemarking.

Hoop om gou van jou te hoor.

Namib Groete

Meraai

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui